Wednesday, May 28, 2008

MINDARIE MARINA

HIER IS 'N VIEW VAN DIE MARINA HIER BY MINDARIE, 5 MINUTE VAN ONS AF. Dit is lekker om net daar te gaan rondloop, die kinders vang vis en oral is daar mense met kinders en prams! Hier is 'n lekker restaurant, genoem The Boat. Dit is 'n gewilde uithangplek hier rond. Veral vir 'n lekker Sondag middagete by die see. Die 2 SUPERMODELS: Jana & Mandie ..... Hulle 2 hou nogal van klim en klouter laat my wonder waar hulle nou eintlik hoort? Hierdie lappie grond soek 'n baas. Is daar dalk enige iemand wat belang stel? Ons het spesiaal die nommer afgeneem sodat daar nie misverstande kan ontstaan nie. Die foto hier neffens is die view wat jy sal he as jy vir jou 'n huisie daar bou. Ek moet dit nogal sterk beklemtoon dat jy gaan bars om die grond alleen te betaal nog nie eers gepraat van huis bou nie!

CLARKSON TREIN STASIE

Hierdie is ons stasie uit die verte. Ek ry met die bus tot hier by die stasie, van hier af vat ek die trein tot by die werk. Dit vat my so 20 minute om by die werk te kom. By die stasie gekom stap ek net oor die straat! Dit is vir ons lekker om oor naweke met die trein stad-toe te gaan vir 'n outing. Die geboue wat op die foto gesien kan word is almal duplekse.

HOE LYK DIT HIER?

HIER GAAN ONSE JANA BANANA-BOUDE SKOOL-TOE. HAAR TEACHER IS MRS SCHAIFFE. Sy LOVE die Monkey-bars! Sy is in ELM 2. Haar boyfriend se naam is Josh. Haar BEST FRIEND se naam is ELLA-ROSE. Haar skool se naam is Quinns Beach Primary. Die skool is letterlik net 'n klipgooi van die see af. Die skole het nie 'n 8 voet omheining hier nie. Daar is net paaltjies in die grond geslaan langs die grense af. Die skole is almal langs 'n park. Hier is Jana se skool van die oorkant van die park af. Kinders kan naweke in die parke gaan speel, jy kan jou hond soontoe vat vir bietjie excercise of jy kan gaan piekniek hou. 'n In-ding hier is om Sondae te gaan sokker speel of Footty te kyk. Hierdie is die view wat jy het as jy die kinders skool-toe vat in die oggende. Toe ons hier kom bly het was hier net gras en bossies. Hulle is besig om die strandfront te ontwikkel. As jy nou reguit aanhou met hierdie pad gaan jy na die nuwe Jindalee Marina-toe. Dit is party oggende baie moeilik om so vir die see te kyk en lus te wees vir werk??? Ons is baie gelukkig om sentraal te bly met dokters, oogartse, tandartse, supermarkte, bakkerye, haarkapper, bank, drankwinkels en 'n apteek so 500 m van ons af. As jy nou vir hierdie foto kyk, die toring wat uitsteek bokant al die huise is so 50m van ons huis af. Jana weet presies waar is die bottleshop (drankwinkel) Moet dit asseblief net nie vir ander mense vertel nie. Dit is die besigheidsentrum hier in Brighton Beach/Butler.
Hierdie is Mandie-Moo-boude se skool. Sy is in die Kindy-klas. Volgende jaar gaan sy ook na Jana se groot-skool toe. Die skool is uitgerus met skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroer groot kombuis en all. Mandie het haar teacher Giovanna geleer van oe in Afrikaans. Die juffrou wou by ons weet wat is "oge" toe ons haar een middag by die skool gaan haal het. Hulle het baie lekker gelag vir Mandie se sports!

OUT-AND-ABOUT MINDARIE MARINA

25/05/2008
Ons was bietjie by die Mindarie Marina. Jana & Mandie geniet die see vreeslik. By die jetty in die marina is daar baie vissies. Sal seker een-van-die dae begin vis vang!