Hierdie is Mandie-Moo-boude se skool. Sy is in die Kindy-klas. Volgende jaar gaan sy ook na Jana se groot-skool toe. Die skool is uitgerus met skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroer groot kombuis en all. Mandie het haar teacher Giovanna geleer van oe in Afrikaans. Die juffrou wou by ons weet wat is "oge" toe ons haar een middag by die skool gaan haal het. Hulle het baie lekker gelag vir Mandie se sports!
Wednesday, May 28, 2008
HOE LYK DIT HIER?
HIER GAAN ONSE JANA BANANA-BOUDE SKOOL-TOE. HAAR TEACHER IS MRS SCHAIFFE.
Sy LOVE die Monkey-bars! Sy is in ELM 2.
Haar boyfriend se naam is Josh.
Haar BEST FRIEND se naam is ELLA-ROSE. Haar skool se naam is Quinns Beach Primary. Die skool is letterlik net 'n klipgooi van die see af.
Die skole het nie 'n 8 voet omheining hier nie. Daar is net paaltjies in die grond geslaan langs die grense af. Die skole is almal langs 'n park. Hier is Jana se skool van die oorkant van die park af. Kinders kan naweke in die parke gaan speel, jy kan jou hond soontoe vat vir bietjie excercise of jy kan gaan piekniek hou. 'n In-ding hier is om Sondae te gaan sokker speel of Footty te kyk.
Hierdie is die view wat jy het as jy die kinders skool-toe vat in die oggende. Toe ons hier kom bly het was hier net gras en bossies. Hulle is besig om die strandfront te ontwikkel. As jy nou reguit aanhou met hierdie pad gaan jy na die nuwe Jindalee Marina-toe. Dit is party oggende baie moeilik om so vir die see te kyk en lus te wees vir werk???
Ons is baie gelukkig om sentraal te bly met dokters, oogartse, tandartse, supermarkte, bakkerye, haarkapper, bank, drankwinkels en 'n apteek so 500 m van ons af. As jy nou vir hierdie foto kyk, die toring wat uitsteek bokant al die huise is so 50m van ons huis af. Jana weet presies waar is die bottleshop (drankwinkel) Moet dit asseblief net nie vir ander mense vertel nie.
Dit is die besigheidsentrum hier in Brighton Beach/Butler.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment