Monday, October 6, 2008

OP JULLE MERKE GEREED ......

Hier het die klomp kleintjies probeer resies hardloop, let asseblief op die tegniek wat daar gebruik word in die wegspringe, Jana lyk eerder soos 'n gimnas ?? Chris is hier besig om die vuur so bietjie lewe te gee, lyk of Ampie so bietjie bystaan met die bier vir ingeval Chris uitasem raak of so. Potjie maak is harde werk. Willie en Danielle het net die spulletjie op 'n afstand bekyk. Danielle was bietjie moeg na die Atletiek, het asem geskep op Oom Willie se skoot. Melissa is die redaktriese van die blog, het nota's geneem om seker te maak sy mis niks nie. Dit is belangrik om op hoogte te bly van alle gebeure by so 'n geleentheid, wie sou geweet het van die ongeruimdhede as sy nie daar was nie????

POTJIE, FAIRIES EN ONGERUIMDHEDE ...

Hier is Chris besig om 'n WILDE potjie aan die gang te kry, hy het besluit op sy geheime resep vir beesstert. Chris is 'n onderwyser in Kalgoorlie, vrek ver van hier af. Sy meisie, Jemma, is 'n Pommie wat daarvan hou om in die grond te krap, sy is 'n geoloog. Hierdie is onse Fairie, Lola, Jana en Mandie se kleinniggie. Sy hou van roomys en chips, alles wat klein dogtertjies nie veronderstel is om te eet nie. Wie het gese dogtertjies moet hulle altyd gedra??? Hier was amper 'n ding en 'n half met Tommie die ander potjie-kok gewees. Daar is gemerk dat hy met Chris se pot gepeuter het ... Gelukkig was sy potjie lekker genoeg, kon hom darem vergewe het. Hy het vir ons 'n Mexican Chicken-pot aanmekaar geslaan. Mandie het een woord daarvoor gehad: DE-LI-CIOUS!

SO HOU ONS POTJIE IN CLARKSON

Hierdie is Ampie en Leatitia. Ampie hou van Springkastele en Bier. Sy hond se naam is Lennie. Leatitia is die mooi een van die twee!!! Ampie was een van die be-oordeelaars vir die kompetisie. Mandie het nou net 'n Icy Pole gehad, 'n eg-Australiese naam vir 'n Waterroomys Gregory, Jana en Mandie se enigste nefie is 'n kwaai Bat-man aanhanger en het 'n swakheid vir pienk speelgoed ... Dit is al wat sy sussie en twee niggies mee speel?

Saturday, October 4, 2008

JANA SE "MERIT AWARDS"

Hier is Jana tussen haar maatjies in EL 2 Net na die Olimpiese Spele het Jana se skooltjie hierdie item gelewer. Hulle het vir die tyd wat die Olimpiese Spele aan was elke dag tyd afgestaan om die gebeure van die vorige dag te bespreek, video's, koerantberigte ens van die Aussie atlete te bespreek en selfs te leer waaroor die sport gaan waarin die Aussie-atleet presteer het. Hulle het medaljes gemaak en om die twee weke af te sluit het die kleintjies die opening seremonie en 'n paar tipe sportsoorte nagemaak met 'n sluitingseremonie. Hulle het ook in die week studente erken wat hulle kant bring by die skool. Jana het 'n toekenning gekry vir "positive attitude towards all learning activities" asook 'n prys vir haar prent wat sy gemaak het vir die "Illustrate a page" kompetisie. Hulle het 'n student in elke klas erken. WELL DONE JANA!!!! Hier is al die pryswenners in die skool! Jana Banana is die kleinste! Die mees emosionele oomblik vir ons was toe hulle die Aussie volkslied gesing het ... Ons was dankbaar om hier te wees, maar ook hartseer in dieselfde asem. Jana ken nou al Australia Fair se tune beter as ek!

M A N D I E - MOO - BOUDE

Hier is onse eie Mandie Moo Boude. What you see is what you get!!! Sy is mal oor make-up, glitters, lipstick en cutex!!! Sy dra net "skipping pants" (tights) en kort rompies, sy kam haar hare heeldag en sit allerhande knippies, strikkies en dinge in. Weet nie wat gaan gebeur as sy 'n tiener is nie, sy maak nou al ons boude lam, trek ongeveer drie keer in die oggend aan voor sy tevrede is??????

WILLIE EN SY HOND ....

  • Wie lyk meer tevrede???
Willie of sy hond?
Nogal 'n oulike kombinasie: The Bold and the Beautiful??

JANA SE SKOOL FOTO'S

JANA BANANA SE EERSTE SKOOLFOTOTJIES!