Monday, October 6, 2008
POTJIE, FAIRIES EN ONGERUIMDHEDE ...
Hier is Chris besig om 'n WILDE potjie aan die gang te kry, hy het besluit op sy geheime resep vir beesstert. Chris is 'n onderwyser in Kalgoorlie, vrek ver van hier af. Sy meisie, Jemma, is 'n Pommie wat daarvan hou om in die grond te krap, sy is 'n geoloog.
Hierdie is onse Fairie, Lola, Jana en Mandie se kleinniggie. Sy hou van roomys en chips, alles wat klein dogtertjies nie veronderstel is om te eet nie. Wie het gese dogtertjies moet hulle altyd gedra???
Hier was amper 'n ding en 'n half met Tommie die ander potjie-kok gewees. Daar is gemerk dat hy met Chris se pot gepeuter het ... Gelukkig was sy potjie lekker genoeg, kon hom darem vergewe het. Hy het vir ons 'n Mexican Chicken-pot aanmekaar geslaan. Mandie het een woord daarvoor gehad: DE-LI-CIOUS!
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment