Saturday, October 4, 2008

JANA SE "MERIT AWARDS"

Hier is Jana tussen haar maatjies in EL 2 Net na die Olimpiese Spele het Jana se skooltjie hierdie item gelewer. Hulle het vir die tyd wat die Olimpiese Spele aan was elke dag tyd afgestaan om die gebeure van die vorige dag te bespreek, video's, koerantberigte ens van die Aussie atlete te bespreek en selfs te leer waaroor die sport gaan waarin die Aussie-atleet presteer het. Hulle het medaljes gemaak en om die twee weke af te sluit het die kleintjies die opening seremonie en 'n paar tipe sportsoorte nagemaak met 'n sluitingseremonie. Hulle het ook in die week studente erken wat hulle kant bring by die skool. Jana het 'n toekenning gekry vir "positive attitude towards all learning activities" asook 'n prys vir haar prent wat sy gemaak het vir die "Illustrate a page" kompetisie. Hulle het 'n student in elke klas erken. WELL DONE JANA!!!! Hier is al die pryswenners in die skool! Jana Banana is die kleinste! Die mees emosionele oomblik vir ons was toe hulle die Aussie volkslied gesing het ... Ons was dankbaar om hier te wees, maar ook hartseer in dieselfde asem. Jana ken nou al Australia Fair se tune beter as ek!

No comments: