Monday, October 6, 2008

OP JULLE MERKE GEREED ......

Hier het die klomp kleintjies probeer resies hardloop, let asseblief op die tegniek wat daar gebruik word in die wegspringe, Jana lyk eerder soos 'n gimnas ?? Chris is hier besig om die vuur so bietjie lewe te gee, lyk of Ampie so bietjie bystaan met die bier vir ingeval Chris uitasem raak of so. Potjie maak is harde werk. Willie en Danielle het net die spulletjie op 'n afstand bekyk. Danielle was bietjie moeg na die Atletiek, het asem geskep op Oom Willie se skoot. Melissa is die redaktriese van die blog, het nota's geneem om seker te maak sy mis niks nie. Dit is belangrik om op hoogte te bly van alle gebeure by so 'n geleentheid, wie sou geweet het van die ongeruimdhede as sy nie daar was nie????

No comments: